Terug by die kamp het die wind effe opgekom, net genoeg vir my kite. Ek het ʼn 2,8sqm power kite wat ek baie geniet, veral as die wind bietjie stoot en my oor die sand sleep. Vandag is die wind lekker, nie te sterk nie want hy kou jou arms. Ek speel lekker met die Staffie wat heeltyd agter die kite aan hardloop as ek hom laag oor die strand vlieg.
Die vuur word aangesteek, vanaand is lamtjops en groente, sou maklik die groente vir ʼn braaibroodjie wou ruil maar ek dink Moeksie is bang ek kry skeerbuik. Dis rustig om so oor die vuur na die see te sit en staar, besig met jou eie gedagtes wat jy soms uitspreek soos “ek verlang na my kleinkind” of “my kinders sal hierdie geniet”.
Ons het Desember in Bosbokstrand vakansie gehou. Pragtige plek! En geen dagbesoekers. Ablusie is pragtig skoon en staanplekker het baie gras. Ons Fortuner (2×4) en gewone karavaan het net nie so baie van die grondpad soontoe gehou nie… 😉