Dis tyd vir spek ball die aand maar Moeksie keer my nie as ek ʼn vuurtjie aansteek net vir die geselligheid nie. Die wind het gaan lê en dis oopgetrek. Hier in die “woud” raak dit ook redelik vroeg skemer maar dis ʼn pragtige aand. Ons kuier tot laat om die vuur nadat ek myself ooreet het aan Moeksie se aandete, rêrig baie lekker.
In die kooi bespreek ons more se planne. Ons gaan ry tot op Badplaas en ʼn nag of twee daar bly. As die weer hou behoort die tent darem nie te nat te wees as ons opslaan nie.
Ai, dis darem lekker memories!!!