Ons is reeds vroeg op, ry vandag 176 km Punda Maria toe. Dit voel anders as ons afslaan, die ry deur die wildtuin en nie vakansie hou nie. Maar ons is op toer en is nie hier om vakansie te hou nie, ry net deur, sus ek myself.
Ons is voor sewe in die pad en stop eers op Shingwedzi om ietsie te ete te kry. Ons het al heelwat hier gekamp en in huisies gebly die tyd toe ons in Venda gebly het. Selfs baie tot hier gery vir ʼn daguitstappie, gebrunch en weer terug Venda toe. Dit was wonderlike jare.
Die vetkoek en maalvleis wat ons by die kiosk koop smaak lekker. Hulle is klein maar die tweede een stil die honger as ons dit saam met ʼn koppie koffie geniet.