Dag 82 – Laaste dag

Dag 82. Donderdag 10 April

Voor die son uit is sit ons buite en koffie drink. Die pad vandag moet ons weer terugvat Groot Marico toe, waar ons begin het en dan huis toe. Die tent is effe nat gedou en ons moet wag tot hy droog is, gaan nie gou weer opslaan nie. Ons begin die los goed pak en slaan op toe die tent goed droog is. Ek weet daar is heelwat grondpad wat voorlê. Ek ken nie die deel van die wêreld waar ons vandag gaan ry nie.

Die 250 km tot weer by Groot Marico is kronkel grondpaaie en op ʼn plek raak die pad weg. Ons ry tussen die statte deur en kry weer pad. Dis net na twaalf as ons die teerpad kry by Groot Marico en die bakkie se neus Oos draai op die N4, huis toe. Daar is eers ʼn voelbare stilte in die bakkie, ons is klaar met ons droom, dis verby, ons het dit gedoen !!

Die teerpad voor my begin swem in die trane as ek hardop begin dankie sê vir my Skepper, soveel genade en voorspoed, seëninge onverdiend. Ons is bevoorregtes om dit te kon doen, ʼn droom te kon beleef, ek en Moeksie tot die einde toe. Die sirkel is voltooi !!!!!

Die laaste 189 km huis toe gaan vinnig. Dis stil in die bakkie en elkeen is besig om te verwerk wat agter ons is, 82 onvergeetlike dae wat vir altyd in ons gedagtes sal bly.

My kop is nog nie skoon nie, ry en toer nog baie rond. Miskien is ek een van daardie mense, sal vir altyd ʼn hunkering hê na die mooi plekke in ons wonderlike land, plekke wat ander net in boeke en tydskrifte van lees en sien en ek bevoorreg is om te gaan beleef.

DIE LEWE IS KORT!!! LEEF JOU DROOM !

DIE LEWE IS ... ʼn LIED !!!

My dank aan:

Moeksie, sy is ‘n YSTER vrou !

Anton & Magda vir julle vriendskap

My Skepper wat my die genade gegun het om hierdie droom te kon leef!!

  • Dankie, het heerlik saammet julle getoer! Amper hartseer dat dit nou verby is…
    Sien uit na die volgende avontuur!
    Wanneer ons weer sosiaal mag verkeer sal ek julle graag vir koffie neem!

  • Dankie vir die saamry. Julle is ysters en ons mis daardie saambraai by Marloth!!! Shalom-shalom!!!

  • Baie dankie dat ons saam met julle die toer kon beleef. Kon nie wag vir die volgende dag se storie nie. Gaan dit baie mis.

  • Baie dankie Hollies vir jou en Moeksie en vriende se vertellings en foto’s. Ook die gewone, is daar wonderlikhede! Wees veilig en geseënd!

  • Dankie vir ‘n besonderse toer wat jy ons almal laat meemaak het. Daar is soveel inligting en pragtige fotos. Dit was ‘n groot werk om van alles boek te hou en dan so vir ons op te skryf!! Ons was bevoorreg om Suid Afrika so saam met julle te ervaar. Dankie aan jou, Glynis, Magda & Anton!

  • Wat n belewenis was dié nie..82 dae saam met Hollies & Glynis op reis!! Ons gaan dit “vreeslik” baie mis! Ek en my man het elke oggend vroeg n koffietjie gaan maak, dan moes ek voorlees en foto’s wys.. dit was n awesome escape vir ons kamp-lovers na iewers en iets moois..dankie oom Hollies &Moeksie..ook vir die foto’s.
    Hoop oom Anton se rug gee hom nie meer probleme nie! Groete uit mooie Kaap

  • Goeie Dag Hollies. Ek het dit baie geniet en beplan ook n toer om RSA maar vanaf Gansbaai tot weer in Gansbaai. Vandag vier keer my rekenaar aangeskakel in die hoop jy gaan nog iets vir oulaas sê. Jy moet nog vir ons inlig waar was dit nie wel nie of waar het jul probleme met jy kampterreine ondervind. Nou wag ek nog vir Kaokoland. Groete

  • Hollies dit was fantasties ons het die heeltyd saam met julle gewees, wat ‘n ondervinding. Nou wag ons net vir die publikasie van die hele toer met fotos kampe en kamp tel no. Sal die koste dra van dit , groete

  • Dit was pragtig gewees!!!!!!!!Sal dit oor en oor en weer oor lees.Sal die roete eendag as ons gespaar word wil gaan ry.Soos jy altyd sê(met baie tyd)Julle is YSTERS.

  • Leave a reply