Dag 25

Maandag 8 Augustus 2016

Ons is net na agt gelaai en reg om die laaste 480 km aan te vat. Eers deur die grenspos, wat sommer baie vining gaan. Dan die laagwater bruggies oor die droë Limpopo rivier met net hier en daar ‘n poel water.

Dan stop ek eers, klim uit en  soen ek my vaderland, lief vir hierdie grond ! ‘n Ritueel wat ek uitvoer elke maal as ek oor die grens was en weer terugkom in SA.

Die grondpad na Maasstroom is goed en sommer gou is ons op Swartwater waar ons weer die kortpad (grondpad) ry na Baltimore.

Van hier af maak die teerpad die pad kort en dis stil in die bakkie as ons weet, dis die einde van die toer. So lank beplan, amper ‘n jaar, en nou is dit so gou verby. So gou en tog, as ek in my gedagtes terugdink, voel van die gedagtes na maande terug wat ons van die plekke beleef het.

Ons stop net na 15:00 by die huis en begin spontaan hardop dankie sê. Dankie aan ons Vader dat ons veilig is, ons behoed en bewaar is die hele toer deur, ‘n volle 6 135 km. Genade en seën om dit te kon doen.

DIE LEWE IS KORT!!! LEEF JOU DROOM !

DIE LEWE IS … ʼn LIED !!!

My dank aan:

Moeksie, sy is ‘n YSTER vrou !

Barend en Elsa vir julle vriendskap, notas en foto’s.

My Skepper wat my die genade gegun het om hierdie droom te kon leef!!

Mooi loop ……. tot ons mekaar weer raak kamp.

  • BAIE dankie vir julle toer, dit was weer ‘n belewenes.
    Hoop om gou weer saam julle te toer.
    Kampforum groete.

  • Baie dankie vir die heerlik toer saam met julle. Kan nie wag vir die volgende een nie. Asb vat ons op nog n toer. Baie dankie dat julle dit met ons deel. My gebede is dat julle gesond sal bly. Groete Ansa Kloppers.

  • Baie dankie dat ons saam kon toer het dit baie geniet. Ons het dieselde slegte pad gehad toe ons deur Botswana was die ooste kant was beter. Groete Leon en Ina

  • Het nie woorde nie.Ek en Erna kan nie wag om dit eendag te doen nie.Mooi bly,sien mekaar iewerste weer.Groete Frank en Erna.

  • Om so trip aan te pak vat nie man op n perd nie………Dit vat n man met n Hilux bakkie en n YSTER vrou om dit te kan doen.

  • Leave a reply to Bennie Gericke Cancel