Dag 10 ITINERARY

Die ITINERARY vir die Saddle Hill trip:

COASTWAY TOURS

Dag 1. Vertrek vroegoggend na ontbyt uit Lüderitz. Die eerste 70 km is redelike harde woestynpad waarna die duine begin. Dan, vir ongeveer 80 km, ry jy deur die duine. Dit is asemrowende woestyn tonele, tot by die basiskamp, Saddle Hill.

Dag 2 & 3. Verken die gebied Suid en Noord van Saddle Hill en besoek onder andere : Saddle Hill Suid, die ou “dorp” / voertuig begrafplaas / gemsbok suiping / Mobi Dick spuit gat / Mercury eiland / Spencer baai / Otavi skip wrak en vele meer. Speel in die duine met jou voertuig en dune boarding vir die avontuurlustiges.

Dag 4. Vertrek na ontbyt terug na Lüderitz.

Hulle voorsien:

Slaapplek, elke kamer het 2 enkelbeddens en matrasse / 3 etes per dag / warm storte en spoeltoilet geriewe / water vir opwas / radio vir elke voertuig / vuurmaak hout / gids met eie voertuig

Self voorsien:

Eie eetgerei / glase / drinkwater (minimum 20 L) / drank / versnapperings / vullissak (vat alle vullis self terug) / genoeg brandstof vir 450 km @ 3.2 km/liter / warm klere (dit raak ysig koud saans) / eie kussing, kombers of slaapsak.

Die groep

Kallie & Marinda = Ford 3.2L DC diesel (Het al die trip gedoen)

Francois en Naomie = Saam met Kallie in die Ford

Martin & Rika = Pajero 3.2 DiD Exceed diesel

Eben & Helga = Toyota Land Cruiser V6 DC petrol

Koenraad (Eben se seun) & Laidean = Toyata Hilux 3D-4D SC diesel

Anton & Magda = Toyota Hilux 3D-4D DC diesel

Jan & Carina = Amarok 2L DC outomaties

Louis & Marianne = Amarok 2L DC outomaties

Hollies & Moeksie = Toyota Hilux 4L V6 DC outomaties

Willie en dogter Tanya & Antoni = Hilux 3D-4D DC diesel

Interessante inligting oor die Namib

Die Namib is die oudste woestyn in die wêreld. Die reënval op sekere plekke is slegs 2mm per jaar. Die Namib is 2 000km lank, 200km breed en strek van Angola, deur Namibië tot in Suid Afrika. Die duine in die Namib is die tweede grootste ter wêreld, naas die Badain Jaran woestyn se duine in China en is tot 32km lank en 300m hoog. Daar is meer as 1 000 skeepswrakke aan die Skedelkus.

Leave a reply