Dag 12 (Middag)

Vrydag 1 Mei 2015 (Middag)

Dis net na half drie as die konfooi die kamp verlaat. Ons vat rigting Oos die duine in.

Ramon roep halt hier voor bo op die groot duin. Van hier af kan jy ‘n figure 8 baan ry, een voertuig op ‘n slag. Hy vat voor en is deurgaans op die radio om te vertel waar jy poeier gee, stadiger ry en pasop vir hierdie een jakkalsie op die afrdaend. Hy vat hom ‘n tweede keer en wys ons die roete wat jy vat, as jy dit nie die eerste keer gemaak het nie, om weer hier bo uit te kom.

Van hier bo af gee jy poeier, sommer BAIE (120 km/uur)
Dan klim jy hom uit, voel of jy G’s trek !
Hou kop, MOENIE nou spoed verloor nie !!
Nou kan jy ontspan, eerste been is klaar !
Hier haal jy asem vir die tweede been. Nie stop nie, ry stadig aan.
Op die draai gooi jy weer poeier, genoeg spoed om weer terug te kom !
Dan kruis jy die spoor en klim weer uit tot by die begin.

As almal klaar gespeel het, sommige manne sommer drie keer die roete gery, gaan ons dieper die woestyn in. Ramon praat van ‘n wegkruip plek wat hy ons wil gaan wys. Dis ‘n “gat” waarin ons afry en moet mooi parkeer onder om al die voertuie in te kry. Dan gaan ons weer een een uit, meeste eers met die tweede of derde aanslag. Dis moeilik, want jy het nie ‘n aanloop nie en die sand op die steil duin hier voor ons is baie sag. Een van die manne het amper sy voertuig verloor, het nie op die spoor gebly nie en te links gery. Hy het vasgeval, gelukkig, want ‘n halwe meter links van waar hy staan is ‘n BAIE hoĆ« slip face.  As hy nie vasgeval het nie, of ‘n meter verder links gery het, was hy weg !!!

Dit raak laat en ons moet nog die sandboard ding gaan doen. Ons ry tot by die duin waar dit altyd gedoen word en die borde word uitgedeel.

Die duin is redelik hoog en Eben bied aan om, die wat wil sandboard ry, tot bo aan te ry. Ek het dit al baie gedoen en is amper soos ‘n tiener seun wat nog en nog wil ry, kry nie genoeg van die adrenalien deur die are nie.

Magda is braaf, vat hom sit-sit-so !!
Moet ‘n flying start kry !!

Die radios klets op pad terug kamp toe, as almal lekker lag en giggel oor die sandboarding  ervarings. Ek glo jy is eers oud wanneer die kind in jou nie meer daar is nie, het dit BAIE geniet.

Vanaand gaan niemand direk kamp toe nie, bang hulle mis dalk weer die strandwolf. Ons parkeer almal onder by die see en groet die son vaarwel. Wat ‘n ONGELOOFLIKE dag, ook een wat vir ewig in die gedagtes sal bly.

Een aand is te min om al die memorabelia  en tupperware in die Den te bestudeer. Die 4×4 manne praat van tupperware as hulle verwys na al die parte van die voertuie wat afval op so trip, bumpers, modderskerms, nommerplate, ens. ens. Hier is ook oral name en datums van vorige besoekers teen die mure geskryf, jy kan lang stories hier lees.

Die kokke wys dat die feesmaal vir die aand gereed is, die honger mense kan nader staan. Nie gedink mens kan so lekker in die woestyn eet nie !!

Daar word nog tot laat na ete gekuier, baie stories word vertel en die vriendskappe verdiep.

Leave a reply