Dag 17

Woensdag 6 Mei 2015

Ons is eers laat uit die blokke vanoggend. Wil net bietjie in die dorp gaan rondloop, ons vriende Gerrie en Petro Byleveld gaan opsoek en verder net rustig wees.

Was al baie in hierdie dorp, een van my gunsteling dorpe in NamibiĆ« met sy kleurryke geboue en ‘n skoon omgewing.

Rossmund gholfbaan Swakop

Die middag spandeer ons rustig by die kamp waar Moeksie opvang met die wasgoed. Ons stap laatmiddag af na die Tiger Reef restuarant, waar ons met ‘n glasie wyn in die hand en voete in die sand, die son afsien.

Die aand gaan eet ons by Gerrie en Petro. Gerrie is ‘n oud kollega van my en het ‘n paar jaar gelede teruggekeer na sy geboortedorp. Hy het ‘n baie suksesvolle signage  besigheid hier kom begin en ek kom soek hulle elke keer op as ons hier kom. Die galjoen wat hy braai en voorsit is soos net hy dit kan doen, perfek !!

Moeksie Gerrie Linda

Ons het later gekuier as beplan, maar met vriende soos hierdie kan jy nie anders nie. Ons is eers laat bed toe.

Leave a reply