Dag 24 & 25

Woensdag 13 Mei 2015

Ons is vroeg opgepak en vat die pad via Upington en Kuruman na Vrybug. Die totale afstand is 650 km, maar dis als teerpad. Ons slaap vanaand by ‘n ou bekende plek van ons, Kameeldoring Lodge net voor Vryburg.

Ons is net na 16:00 by Kameeldoring lodge. Ons betaal en ons gunsteling plek onder die masiewe kameeldoringboom is oop. Vannaand gaan ek lekker slaap.

Donderdag 14 Mei 2015

Na ‘n paar koppies koffie pak ons op. Dit gaan redelik vinnig, het nie baie goed gisteraand uitgepak nie. Die 370 km huis toe gaan vinnig en ons is net voor twee by die huis. Wat ‘n ONGELOOFLIKE toer, met die Namib woestyn trip as ‘n absolute hoogtepunt !!

DIE LEWE IS KORT!!! LEEF JOU DROOM !

DIE LEWE IS … ʼn LIED !!!

My dank aan:

Moeksie, sy is ‘n YSTER vrou !

Almal van die Namib toergroep, vir julle vriendskap, notas en foto’s.

Ramon, een van die beste toergidse wat ek al teëgekom het, jou YSTER !!

My Skepper wat my die genade gegun het om nog ‘n droom te kon leef!!

  • Baie dankie Hollies vir n heerlike toer saam met jul. Wanneer kan ons die volgende toer saam beleef? Veral die een na Kaokoland. Groete Ben

  • Leave a reply