Dis ons beurt vir kosmaak en Moeksie bederf ons met perfek gekookte lamskenkels vir middagete, soos dit op ʼn Sondag hoort, lekker gekookte kos.
Moeksie se een kleinniggie, Elna en Salmon Victor, bly hier naby. Sy het haar gister gebel en gesê ons sal vandag ʼn draai kom maak. Ons kuier heerlik om die kombuistafel en smul aan die koek wat Salmon gebak het terwyl die twee niggies die toue van toeka se dae optel en uitryg. Hulle het mekaar meer as twintig jaar laas gesien. Sy vertel ons van die lewe hier op Augrabies en ek kan myself daarmee vereenselwig, platteland en die rustigheid homself.
Laatmiddag is ons terug by die kamp waar Anton en Magda die luilekker rustigheid omhels het. Ons stap na agt weer af waterval toe, al langs die plankiespaadjie wat verlig is. Die groot spotlights wat die valle verlig gee ʼn ander dimensie aan die prentjie. ʼn Mens kan amper nie glo dat die uitkykpunt waarop ons nou staan amper onder water is as die Oranje in vloed is nie. Dit is wat die foto’s vertel by die kantoor wat geneem is met die groot vloed van 17 Januarie 2011.
Ja dit bly lekker om so te lees van maatjies wat so lekker gekamp het. Ons plan is om dv Januarie 2021 die pad te vat in daai rigting. Baie bly vir die inligting hier gegee, gaan baie help, kamp plekke besienswaardighede ens. Kamp groete.
Shoe ek waardeer hierdie van julle. dit maak my opsies van ons reis baie makliker. Sal net graag wil weet wat die reis jul gekos het. Ons is twee mense wat so reis wil aanpak. Ook kamp waar ons kan en dalk in n gastehuis oorslaap waar ons nie plek kan kry om te kamp nie. Ons gaan vanaf Pretoria ry
Het nie boek gehou van kostes nie.
Jou beursie is leeg maar jou hart is oorvol .