Dis weer koffie in die hand, maar redelik lank na die son sy kop uitgesteek het, want vandag is dit net lekker om die kamp kuier, geen haas nie. Ons ry ʼn ent teen die rivier op in ʼn Noordelike rigting en verken die area verder. Terug by die kamp is dit jogurt en vrugte waarna Magda en Moeksie opvang met die wasgoed. Ek trek die Hilux nader aan die rivier en met ʼn emmer en lap in die hand is dit tyd om die stof uit die Hilux uit te kry.
Die son is weer naby aan ons en die muggies wat pla is teken dat daar nie ʼn luggie roer nie. Dis later tyd om ons potra-pottie se cover te maak, Moeksie het die materiaal gekoop en Magda het valcro wat met selfhegtingsgom aangebring kan word. Ons al vier gee elkeen sy eie idee van hoe die cover se materiaal gesny en gepas moet word, wat ʼn affêre. Na ʼn lang stryery en geswoeg is die cover klaar, soos ek hom wou hê.
Wat ‘n belewenis
As ‘n verslaafde van na aan die natuur lewe , neem hierdie goeie beskrywende toere ons weg uit die lockdown tot binne in die bos en kuier ons heerlik saam met Hendrik en Glynis!! Ons wag vir die volgende avontuur.