So 5 km buite Port Nolloth sê ek vir Anton hulle moet nie saam terugry Springbok toe nie, dis onnodig en hulle moet solank Mc Dougalsbaai toe. Ons sal weer by hulle aansluit, weet nog nie oor hoeveel dae nie, die bakkie MOET reggemaak word. Ek en Moeksie kom net voor toemaaktyd by die Toyota handelaar op Springbok aan. Hulle kan nou niks doen nie, maar ek moet more 7 uur terug wees, dan help hulle my. Ons is terug na die Springbok karavaanpark, steeds lekker koel waar ons kamp. Die bakkie word leeggemaak, want ek vermoed dat hy ʼn rukkie by die handelaar gaan wees. Ons is vroeg bed toe nadat ons worsies by oorskiet spagball gegooi en opgewarm het saam met ʼn paar glase wyn. Ek mis dit om nie vir Anton en Magda nag te sê nie.
Ag tog probleme is nooit lekker nie groete