Die groot snoek braai stadig op die kole, hy moet nie gejaag word nie en Anton sê ons gaan lekker padkos oorhou vir more. Die sous (suurlemoen, botter, knoffel en appelkooskonfyt) word deurlopend aangesmeer. Snoek moet gaar wees, soos enige vis, maar meeste mense braai hom droog, dan is hy nie lekker nie. Die wyn en knoffelbrood maak ons honger, want toe ons weer sien, is daar NIKS van die snoek oor nie. Alles opgevreet! Dit was ʼn lekker kuier, ekstra lekker met ʼn vars vis op die kole so langs die see en goeie geselskap.
Goeie Dag Hollies.
Ek merk op dat jul beplan of was al in Kaokoland. Wanneer kan ons verwag om die weergawe van die toer te beleef.
Ek is soos n kind wat nie kan wag vir die verjaarsdag geskenk. Nou eers dag 25, is nog vêr na dag 82.
Graag wil ek verneem of jul by enige plekke bespreek het, veral NP?
Het jul voor dooiemansdeur gekom, indien by welke plekke?
Groete
Bennie, sal maar blog moet lees t.o.v. besprekings ens. Kaokoland done & dusted. Begin plasings na Om SA, en daarna Namib Woestyn se plasings.
Te lekker!!!
Heerlik, ons beplan n soortgelyke trip in die volgende jaar. Kan al sien dat daar lekker kuier plekke is.