Ek en Moeksie was al hier, die dag toe die laaste twee huise platgestoot is van die mense wat hier kom “plak” het met hulle vakansiehuise. Die mense van veral die Garies omgewing het blykbaar hier vakansiehuise kom bou, die grond was “verniet”, ongebruikte staatsgrond hier op die see. Hulle moes net eie water en krag voorsien, want hier was niks. Toe kom die hofbevel. Die huise moet afgebreek word, dis onwettig. Dit het baie maande lank gesloer, maar ek was getuie van die laaste twee wat platgestoot is. Nou word die grond as deel van Parkeraad bestuur. Die wind het gewaai en dit het gereën toe ek en Moeksie laas hier gekamp het, maar dit was ʼn ongelooflike ervaring, seker daarom dat ons weer hier is.
Man wat ‘n ondervinding, maar, ‘n man moet ‘n 4×4 hê anders gaan jy dit nie maak nie lekker kamp