Ons draai net na half elf in by Solitaire, moet eers (soos altyd) n ietsie hier eet. Hulle is veral bekend vir hulle lekker appeltert, beslis die moeite werd. Die bordjie wat die reënval van die afgelope klompie jare aandui vertel n storie, veral as jy kyk na die eerste drie maande van 2022, reeds 212 mm gemeet.