Kaokoland

Dag 25

Maandag 8 Augustus 2016 Ons is net na agt gelaai en reg om die laaste 480 km aan te vat. Eers deur die grenspos, wat sommer baie vining gaan. Dan die laagwater bruggies oor die droë Limpopo rivier met net hier en daar ‘n poel water. Dan stop ek eers, klim uit en  soen ek …

Dag 25 Read More »

Dag 24

Sondag 7 Augustus 2016 Die vars lug hier is iets besonders, ek is voor die son op en uitgeslaap, goed gerus. Moet van hierdie lug kan saamvat, sal kan geld maak. Dalk ‘n beter plan om net meer gereeld hierdie lug te kom in asem, hier bo langs die Limpopo. Die stomp op die sementblad …

Dag 24 Read More »

Dag 23

Saterdag 6 Augustus 2016 Daar word vroeg  kamp afgeslaan en gaan bedank weer die vrou wat ons gehelp het. Dis net na sewe toe ons weer die grootpad vat, Nata, Francistown, Selebi-Phikwe en dan Zanzibar, waar ons vir twee nagte gaan rus. Die teerpad is mooi en ons is net na 11 deur Serule, waar …

Dag 23 Read More »

Dag 22

Vrydag 5 Augustus 2016 Vandag se roete vat ons in Maun se rigting wat so 430 km ver is. Het ‘n hele paar jaar terug die Pan Handle pad gery. Dis die pad wat van die Caprivi af, al langs die Okavango Delta, tot in Sehithwa in die Suide strek, sowat 320 km. Die Mohembo …

Dag 22 Read More »

Dag 21

Donderdag 4 Augustus 2016 Dis die gesnork van die seekoeie wat my wakker maak. Die son is al hoog as ek op die wal van die rivier staan, koffie in die hand, en na hulle kyk. Hier is ‘n hele klomp van hulle in die water, maar darem geen spoor teen die wal uit om …

Dag 21 Read More »

Dag 20

Woensdag 3 Augustus 2016 Vanoggend slaap ons laat, nie haastig om die 230 km aan te durf nie. Dis teerpad tot by Bongani, die afdraai na Ngepi en dan nog sowat 4.5 km sandpad tot by Ngepi kamp. Dis 13:30 as ons die afdraai na Ngepi vat. Was nog nooit hier nie, maar het al …

Dag 20 Read More »

Dag 19

Dinsdag 2 Augustus 2016 Dis net na sewe as ons by Halali se hek uitry. Barend en Elsa draai links en ons regs, is nou op ons eie. Die pad tot op Namutoni is 74km en dis ‘n mooi grondpad. Ons ry stadig en stop gereeld as ons diere sien. Ons sien weer baie olifante, …

Dag 19 Read More »

Dag 18

Maandag 1 Augustus 2016 Ons is vroeg uit die vere en vat die pad in ‘n oostelike rigting. Oral is weer heelwat olifante, kameelperde, steenbokkies, springbokke, leeus, koedoes, swartneus rooibokke, renosters, hiëna, en ‘n veskeidenheid voëls. Teen brunch is ons terug in die kamp, baie tevrede met die sightings van die oggend. Met vol magies …

Dag 18 Read More »

Dag 17

Sondag 31 Julie 2016 Ons staan laat op, geen haas nie, ry vandag tot by Halali in die Etosha Nasionale Park, sowat 120 km vir die dag. Op die pad Etosha toe, stop ons eers by ander lodges om te verken vir toekomstige toere. Dis net voor 10 wanneer ons by die Anderson hek stop. …

Dag 17 Read More »

Dag 16

Saterdag 30 Julie 2016 Niks jaag ons nie en lê laat. Moeksie en Elsa maak gebruik van die geriewe om op te vang met die wasgoed. Barend het opgemerk dat die bakkie se laaisisteem, agter in die bak, ook losgekom het. Hierdie is nie ‘n vinnige herstelwerkie nie en ons pak eers alles agter uit …

Dag 16 Read More »