Daar is min plekke waar jy so rustig wakker word, hoor die rivier en waterval in die verte, die gesang van voëls, sluimer dan weer in, net om weer wakker te word en te besef, dis nie ‘n droom nie. Dis regtig! Ons kamp hier op die walle van die Kunene, by die Epupa watervalle. Wat ‘n voorreg om dit saam met vriende te kan deel, veral as dit nie jou eerste keer is nie.
Ons toer weer van vooraf lekker saam met jou skrywe.
Heel toevallig lees ek toe jou 22 Julie 2016 inskrywing op 22 Julie 2020….daai plek klink na ‘n plek wat ek nou nodig het…… om die stukkies weer bymekaar te maak.