Soos ons vorder, kan ons nie genoeg uitgepraat raak oor die dankbaarheid vir die inligting wat Marthinus met ons gedeel het nie. Met die beplanning het ons gesê die roete loop langs die rivierbedding en die Tracks 4 Africa kaart het oral tekens gewys van BAIE stof, nie stof nie, BAIE BAIE stof !! Dan, skielik …….aan ons linkerkant, staan 2 olifante en vreet rustig aan takke wat net so vol stof is as hulleself. Vir ons was dit ‘n “whow” oomblik! Die waardering vir die voorreg om deur die rivierbedding te kan ry styg die hoogte in.