Ek was al baie in Namibië, Suide, Sentraal en Noorde, tot by Epupa watervalle. Op my bucket list was nog altyd die HART van Kaokoland, tot in die Marienfluss. Al baie daaroor gelees en met mense gesels wat al daar was, ek MOET plan maak.
Dis Oktober 2015 en ons, ek & Moeksie en vriende van ons, Barend & Elsa Meintjes, hou ‘n beplannings vakansie in Ballito. Barend en Elsa is gesoute kampers en het ook al ons land en buurlande deurkruis. Barend is die een wat my oortuig het ons MOET Kaokoland toe, hy was ook nog nie daar nie.
Ek het my Flexi punte gebruik en bly luuks in die La Montagne selfsorg woonstelle. Elkeen gewapen met tydskrifte en artikels oor die dele wat ons beplan om te besoek, begin die toerplan lewe kry.
Na die week van beplanning onderneem elkeen om nog soveel moontlik inligting te kry oor die volgende maande om die toerplan verder vleis te gee. Die vertrekdatum is vas, vertrek 15 Julie 2016 en gaan vir 25 dae toer. Ons het op ‘n stadium beplan om na die trip deur Namibië, sommer deur te toer tot in die Luwa Plains National Park in Zambië. Ons besluit daarteen en sal dit ‘n aparte toer maak, oor ‘n paar jaar.
Het al baie mense op toere gevat en gewoonlik is die beplanning net so lekker as die toer self, veral as jy maande vooraf met die beplanning begin. Die opgewondenheid groei elke keer as jy nuwe inligting op die toerplan aanbring en met almal deel.
Dankie Hollies dat jy my weer deurgesmokkel het. Sien jy ek sit alweer links agter
Baie dankie vir ‘n nuwe reis-ervaring. Ek reis saam!
Wanneer plaas jy die res van die KAOKOLAND toer ?
Willem, ek plaas elke dag een dag van die toer.
Baie dankie, ek dra dit dan so oor op http://www.Kampforum.co.za die ouens daar is gaande oor julle toere.
Ek kan nie n dag wag vir die volgende een nie.Ons monde hang ooooop.