Kaokoland

Dag 11

Maandag 25 Julie 2016 Ons ontwaak as die son al uit is, het lekker geslaap na gister se opwinding. Vandag is dit net rustig wees en die omgewing geniet. Ek stap later af rivier toe, baie versigtig en waaksaam. Oral, op die sand en tussen die klippe, sien jy die menere lê. Hier is baie …

Dag 11 Read More »

Dag 12

Dinsdag 26 Julie 2016 Dis nie lekker om vanoggend op te pak nie, wil nog minstens ‘n week hier bly, hier waar jy jouself weer beter leer ken. Dis net voor nege as Ryan die hek kom oopsluit en ons voorspoed toewens. So met die wegry val dit my op. Wat vreemd omtrent die kamp …

Dag 12 Read More »

Dag 13

Woensdag 27 Julie 2016 Dit was verskriklik koud deur die nag en ek het lanklaas so koud geslaap. Ek en Moeksie is vroeg uit, net nadat die korhaan vir Elsa op haar 63ste verjaarsdag kom sing het. Dis ons gebruik om vir iemand wat verjaar te sing, vroegoggend. Die kaartjie wat Barend vir Elsa gee …

Dag 13 Read More »

Dag 14

Donderdag 28 Julie 2016 Ons is weer vroeg uit die vere, so by tweede mossie en ons pak op. Vandag se roete is die laaste dag van ongerepte natuur, voor ons weer met die beskawing kennis maak. Die roete is ongeveer 160 km rivierpad tot by Sesfontein en dan nog so 43 km goeie grondpad …

Dag 14 Read More »

Dag 15

Vrydag 29 Julie 2016 Van vandag af is dit net grootpad ry, wel gedeeltelik grondpad, maar ons is klaar met die 4×4 gedeelte van ons toer. Die gedagte daaraan bring ‘n bietjie heimwee, voel amper of ons nou “klaar” getoer het. Die totale afstand vir die dag is 405 km tot by die Modjila lodge, …

Dag 15 Read More »

Dag 16

Saterdag 30 Julie 2016 Niks jaag ons nie en lê laat. Moeksie en Elsa maak gebruik van die geriewe om op te vang met die wasgoed. Barend het opgemerk dat die bakkie se laaisisteem, agter in die bak, ook losgekom het. Hierdie is nie ‘n vinnige herstelwerkie nie en ons pak eers alles agter uit …

Dag 16 Read More »

Dag 17

Sondag 31 Julie 2016 Ons staan laat op, geen haas nie, ry vandag tot by Halali in die Etosha Nasionale Park, sowat 120 km vir die dag. Op die pad Etosha toe, stop ons eers by ander lodges om te verken vir toekomstige toere. Dis net voor 10 wanneer ons by die Anderson hek stop. …

Dag 17 Read More »

Dag 18

Maandag 1 Augustus 2016 Ons is vroeg uit die vere en vat die pad in ‘n oostelike rigting. Oral is weer heelwat olifante, kameelperde, steenbokkies, springbokke, leeus, koedoes, swartneus rooibokke, renosters, hiëna, en ‘n veskeidenheid voëls. Teen brunch is ons terug in die kamp, baie tevrede met die sightings van die oggend. Met vol magies …

Dag 18 Read More »

Dag 19

Dinsdag 2 Augustus 2016 Dis net na sewe as ons by Halali se hek uitry. Barend en Elsa draai links en ons regs, is nou op ons eie. Die pad tot op Namutoni is 74km en dis ‘n mooi grondpad. Ons ry stadig en stop gereeld as ons diere sien. Ons sien weer baie olifante, …

Dag 19 Read More »

Dag 20

Woensdag 3 Augustus 2016 Vanoggend slaap ons laat, nie haastig om die 230 km aan te durf nie. Dis teerpad tot by Bongani, die afdraai na Ngepi en dan nog sowat 4.5 km sandpad tot by Ngepi kamp. Dis 13:30 as ons die afdraai na Ngepi vat. Was nog nooit hier nie, maar het al …

Dag 20 Read More »