Na ontbyt pak ons rustig op, niemand wil regtig hierdie ongerepte natuurskoon, wat so vinnig onder ons vel ingekruip het, verlaat nie. Elkeen met graaf en die nodige “wit goud”, word daar ook eers “veld inspeksie” gedoen. Dan eers vat ons die rivierbedding verder. Ons is nie haastig nie, want dis slegs 70 km tot by Puros en volgens inligting is die rivierbedding ‘n redelike goeie sandpad.