Ons roete vandag is enige iets tussen 150 en 200 km, weet nog nie presies waar ons gaan stop nie. Ons wil iewers in die Olifants Vloedvlake, in die Kumib rivier kamp. Die eerste 60 km is terug deur die Marienfluss, dieselfde paadjie waarmee ons gekom het. Dis weer die grasvlaktes, springbokke, volstruise en gemsbokke wat jou oral langs die pad begroet. Die berge aan weerskante van die vlakte lyk ook anders vandag, ‘n ander kleur as die son uit ‘n ander hoek die prentjie inkleur. Al baie fotos van die Marienfluss gesien, maar nog nooit so mooi soos dit werklik is nie, moet dit self beleef.
Goeie Dag Hollies. Wanneer plaas jy dag 13 op jou blog? Wag nou al van 08:00 en elke 1/2 uur kyk vir nuus, maar geen nuus. Ek het n Isuzu KB300 E/C met n AHA-15 agterop. Kan ek van Zyl’spass met dit agterop aandurf?Die “camper” weeg +/-400kg vol gelaai.
Bennie, daar is al BAIE mense met off road karavane ook daar af. Daar is baie ander faktore wat gaan bepaal of jy dit sal kan doen. Ek sal dit verseker weer doen, maar weer so lig as moontlik ry. Elke man is elke man.