Ons sien weer baie olifante, al die boksoorte, kameelperde, renosters en leeus. Dis ‘n besondere park en die twee nagte wat ons hier spandeer het doen ‘n onreg aan die park. Moet ten minste ‘n week of langer hier spandeer om jou siel se battery weer te laai. Sal graag weer wil kom as die pan water in het, hulle sê dit is ‘n ander belewenis.
Kan sommer die alleen in jou woorde hoor….. dis sleg as mens se vriende nie meer kan saamtoer!