Ons kom net na een by Augrabies waterval aan, boek in vir twee nagte en gaan soek koeltebome, want dis lekker warm. Dis al met die kamp opslaanslag dat die blou-ape lastig raak, maar vir nie te lank nie, want ek het al geleer, ek kamp NOOIT sonder my kettie nie. ʼn Aap en bobbejaan skrik vir min dinge, het al gesien hoe die apies met ʼn rubberslang speel as hulle hom eers gewoond geraak het, maar ʼn kettie, span sy rek en almal maak gat-skoon (vir so 5 minute, dan kom try hulle jou weer). Moeksie gebruik die luuksheid van die wasmasjien om op te vang met die wasgoed, na ons middag-snack, worsies, tamaties, kaas, broodjies en konfyt. Die kamp is leeg en die koeltebome waaronder ons kamp gee ʼn effe lafenis. Die middag spandeer ons rustig in en om die swembad en onder die koeltebome, aan hierdie luilekker lewe kan ek gewoond raak.
Weer terug in beskawing?