Die middag ry ons deur die park, eintlik ‘n baie klein park, al om die hoë koppe hier rondom ons. Die hoogste kop troon amper 700m bo die grond uit. Die rotse is ongelooflik en jy wil van elke rots ‘n paar fotos neem. Veral as jy ‘n paar meter aanbeweeg en terugkyk, die kleur het so verander, kan nie glo dis dieselfde rots nie.