Ons ry later eers Noord tot by die vuurtoring, maar nie voor ek die man in die Cruiser die slegte nuus moes gaan meedeel dat sy linker voorwiel pap is nie. Hy weet, sê hy, as ek hom wakkermaak. Hy wag net dat dit koeler word voor hy hom omruil. Ek bied ons hulp aan en wys hom waar ons kamp, sou hy hulp benodig. Ons ry daarna in die rigting van die riviermond en gaan stap op die strand. Die flaminke in die riviermond is ʼn mooi gesig. Die seesand tussen die tone voel goed en ons stap ʼn vêr ent voor ons gaan sit en net oor die see uitkyk, branders wat breek en die blou lug op die horison. Wil nog eendag hier in die Namaqua Kus Nasionale park kom bly, hier waar daar nog rus te vinde is, eendag as ek groot is.
Dankie Hollies, ek geniet dit steeds!
Wow Hendrik. Dit is n amazing stories. Geniet dit baie. Fotos is baie mooi ! Mens se hart trek sommer n punt na die wye oop vlaktes.
Besig met die skryf van Kaokoland, toe ons julle by Rooidrom gekry het !!!