Ons – Ben, Anto, tannie Charlotte en ek en Moeksie – besluit om die aand net ʼn voorgereg of Sushi by Bossa Nova restaurant in die hoofstraat te gaan eet, net iets lig na die groot middagete. Ek dink ek het al aandele in hierdie restaurant, soveel kere het ek hier kom eet as ek vergaderings in die Paarl moes bywoon. Die atmosfeer is lekker ontspanne met die uitsig vanaf die stoep oor die Hoofstraat en die plek is redelik vol, almal seker te lui (soos ons) om kos te maak. Die weer is lekker en ons is gesellig en kuier lekker tot redelik laat.