Dag 39

Sondag 29 Mei 2022

ROETE : Baltimore, Marken, Vaalwater, Nylstroom, Pretoria, Johannesburg = 443 km

Almal is vroeg op. Die jagters moet gaan vleis laai en wil in die pad val. Dit het goed gedou en ons tent is sopnat. Ons gaan wag tot hy droog is voor ons ry, gaan nie tyd kry by seun Jan Hendrik om dit ook nog te doen nie, hoewel ons twee aande daar gaan oorslaap. Almal is lankal weg en ons gebruik die tyd om ‘n lysie op te stel van wat in die waentjie moet terug karavaan toe as ook items wat in die stoor is wat opgetel moet word. 

Dis net voor tien as ons opgepak is en die pad vat. Ek ken die pad oor Mokopane maar almal het my afgeraai om daai pad te ry. Op hulle aanbeveling ry ons Vaalwater om, ook maar nie die beste teerpad nie, maar ons ry goed. Ons stop net voor vier by seun Jan Hendrik en Michelle se huis in Florida Glen waar ons twee aande gaan oorslaap.  Moet more die karavaan gaan haal en ‘n paar ander goedjies uitsorteer voor ons vir drie maande in Marloth Park gaan kamp. Ons toer is klaar, wat n belewenis was dit nie !!!

DIE LEWE IS … ‘N LIED !!!

Moenie vir “eendag” wag om jou lewe te leef nie – eendag kom dalk nooit !!

My dank aan:

Moeksie, jy is ‘n yster !

Ewald en Carol wat ‘n deel van die toer kon meemaak – julle vriendskap is waardevol,

MY HEMELSE VADER VIR DIE GENADE AAN MY GEGUN OM HIERDIE DROOM TE KON LEEF !!

Vrede en mag ons mekaar dalk iewers in die toekoms raak kamp.

Scroll to Top