Dis voor die son sy kop uitsteek wat ek onder die gazebo sit met koffie in my hand en net oor die baai sit en staar, besig met diep gesprekke binne myself. Die beskuit proe spesiaal vanoggend, weet nie hoekom nie. Die res ontwaak en kom geniet ook die rustigheid met ʼn koppie koffie. Ons gaan eers lekker stort en dan Knysna toe ry om daar te gaan ontbyt eet, aankope te doen en sommer net in die dorp rond te loop.