Ons is almal redelik vroeg uit die vere. Ons gaan later inkopies doen en besluit om net koffie en beskuit te eet en iets in die dorp kry vir ontbyt. Dis Vrydag en die winkels is redelik besig. Niks jaag ons nie en die inkopies neem ʼn paar uur as Magda en Moeksie eers in elke winkeltjie wil rondstap om te sien wat daar is. Ek moet bieg, soms is dit vir my ook interessant om in van die winkeltjies rond te dwaal net om te wonder, wie koop al hierdie goed?? Dit verander deesdae ook met die buitelanders wat almal dieselfde artikels, meer soos ʼn vlooimark, te koop aanbied. Terug by die kamp gaan stap ek en Moeksie op die strand en is verbaas oor die wind wat hier sterk waai maar ons nie in die kampplek voel nie. Daar is min mense wat die wind trotseer en die strand is leeg. Met die wind wat ons hare heen en weer kam, sit ons en staar oor die branders terwyl ons vir mekaar sê hoe lekker die toer tot nou toe was en hoe geseënd ons is. Dit voel nog eerder soos ʼn lang vakansie wat moet eindig en ons moet teruggaan werk toe.
Môre Hollies.Geniet jul reis en voel of ons saamreis.
Sal my Ford Everest 3.2 4×2 met n Imagine Comfortvan die pad deur Transkei gemaklik kan hanteer of beveel jy eerder n 4×4 aan?
Net deur ry, baie maklik, als teerpad.
Wanneer verander die eende na kolganse Hollies? Grap net!
Na Lockdown (lol)
Ja ek is terug baie goed gehad om te doen. Ek weet nie of ek meer moet lees nie dit moes ‘n moerse lekker ondervinding gewees het, wat nog te sê saam met lekker pêlle ook,, gesels weer, groete