Voor ek iets kon sê oor vanaand se ete, bring Ewald n lekker ribbietjie te voorskyn, dis wat vanaand geëet gaan word, maar ek moet hom braai. My ribstaander het nie saamgekom nie, maar met so rib maak jy gou n plan. Dis al redelik laat vir die rib, braai hom gewoonlik so drie ure, maar ek sal hom maar bietjie “jaag”, dit kan koud word hier op Springbok !