Dis Januarie 2014. Die laaste paar items word aangekoop voor ons vertrek. Ek is ʼn lysie-mens en mense het al gesê my lysies is “te” volledig, maar dis nou maar ek, wil seker maak alles wat nodig mag wees is ingepak. Die nagaanlys is uitgedruk en meeste items se boksies is ge-tick. Enkele items op die “aankooplys” en “doenlys” moet nog aandag kry.
Die telefoon lui, dis my vriend (en oud kollega vir 29 jaar) Anton en Magda uit die Kaap. Wil net hoor of al die dinge nog volgens PLAN verloop, want hulle vertrek die 15de Januarie uit die Kaap. Hulle het besluit om op te ry en vanaf ons huis in Roodepoort saam te reis, eerder as wat ons hulle iewers langs die roete ontmoet. Hulle vat dit stadig en arriveer Saterdag 18 Januarie.
Plan? Wat se plan? Die enigste plan is, ons vertrek Sondag die 19de Januarie, ry antikloksgewys om die land en begin by Groot Marico. Waar gaan ons oorslaap? Hoe lank gaan die reis vat? Waar gaan ons aankope doen? Hoe vêr gaan ons elke dag ry? Hoe lank gaan ons op ʼn plek bly? GEEN idée nie en tyd sal leer !! Ek dink terug aan die uitdrukking op mense se gesigte as ek hulle van ons PLAN vertel, gedink ek is van lotjie getik. Hoe kan mens nie weet waar jy gaan slaap en nie vooraf plek bespreek nie?? Hoe kan jy nie weet hoe lank dit gaan neem nie?? Is jy ernstig ?? Maar wat van X,Y,Z ?? My antwoord elke keer: Ek weet nie, sal daaroor dink as die tyd kom.
Dis Saterdag aand en die vuur brand lekker. Dis hoe dit hier by ons gaan, ons braai gereeld, elke Woensdag, Vrydag, Saterdag en Sondag (Sondae is dit in die Weber). Dit gebeur gereeld dat daar per-ongeluk ʼn vuurtjie aangesteek word op ʼn Maandag of Donderdag ook. Ernstig, ek hou van braai !!! Die vier van ons sit in die lapa en gesels oor ons PLAN. Daar is ʼn opgewondenheid wat mens nie kan beskryf nie, die tyd het gekom! Ek besluit om ons eerste aand se slaapplek liewer te bespreek. More is Sondag en ek het op die platteland grootgeword. Dit gebeur maklik dat jy Sondag middag iewers opdaag net om voor dooiemansdeur te land. As die plaasmense gaan kuier, weet jy nooit hoe laat hulle gaan terug wees nie. Ek bel en bevestig ons slaapplek in ʼn huisie op ʼn plaas buite Groot Marico op die Maricorivier.
Anton help my na ete om my laaste goedjies in die bakkie en waentjie te laai en ʼn radio in sy voertuig te installeer. My DROOM word waar en as ek kon, sou ek nou dadelik in die bakkie geklim en begin ry het, kan nie nog 9 ure wag nie.
Hi Hollies dit roep sulke mooi herinneringe terug ek hak sommer die karavaan en ry net.
Wat ‘n ervaring!! So lekker-lees verteltrant!!
Ek het nie woorde nie. Net sulke klein traantjies in my oë. Dit is my en Erna se grooootste droom nog eendag. Dalk binnekort. Tyd sal praat.
That’s a wonderful dream that’s come true.You both are very privileged to be able to do it.Enjoy every day and we would like to follow your tour,as what we have read,I think a lot of people would love to do.Keep save, look after your selves,bless you both,Norman
Ja hollies wat ‘n ondervinding ons het gelukkig so ‘n stukkie van dit gehad, fantasties
Wow dit is briljant verby …..geniet die Lewe voluit maak hope pret ……geniet die natuur …elke more is nuut gratis uit ons Hemelse Vader se hand …..julle is n wonderlike voorbeeld vir baie xxx
Dis ‘n wonderlike eevaring Hennie en Glynis. Geniet mekaar en geniet die natuur? Liefdegroete, Nettie
Kms teen vandag se pryse sowel as toekoms sal dit nou n duur reis maak ma steeds onvergeetlik
Hi Hendrik aangenaam verras dat jy so beskrywend kan skryf Gewoonlik skryf mans mos taamlik kripties! Geniet elke oomblik saam met julle Baie dankie dat ons die avontuur ook kan beleef!
Dit is ons droom boeta
Sjoe Hollies, dankie dat julle hierdie besondere toer met ons deel & in soveel detail. Om die akteurs ook nog te ken is ‘n voorreg en ‘n bonus. Ons sien uit na die res van die reis. Soveel interessanter onder die “lockdown” omstandighede.
Nou wag ons vir die res… Lekkerrrr!!!
Lekker man! Ons is jaloers.
Dankie vir die deel van jul kosbaarste oomblikke…n bewys dat dit waarvan ons en so baie ander, tans net droom KAN waar word, met: geloof, hoop en liefde…
Ek droom en hunker al van skooldae af na ‘n soortgelyke toer rondom Suid-Afrika. Ek geniet elke oomblik van jul toerverslag. Dankie.