Ons vat die pad deur Zeerust na Botsalano. Op Zeerust doen ons ʼn paar aankope, genoeg vir so vier dae, want ons het nog nie besluit hoe lank ons gaan vertoef nie. Verder gery, vat die GPS ons eers na ʼn hek wat gesluit is en ons besef dis die verkeerde hek. ʼn Paar minute later stop ons by die hoofhek. Plaas was dit meer minute, want ek raak toe haastig en ry ʼn bietjie vinnig op die grondpad met baie los klippe. ʼn Klip het die waentjie se neus getref en teen die kappie se venster geland. Gelukkig is dit shatter proof en is die duisende blokkies glas nog bymekaar en die ruit nie uit nie.
Puik sien uit na die hele reeks mater
Julle stories klink awesome tot nou, kan nie wag vir die res nie
Aarde Hollies! Daai dinge wat julle beleef het sover is presies waarvan ek hou!! Wat het toe van jou versplinterde ruit geword?
Puik!
Nuwe park vir ons, was daar krag.
Nie krag waar ons gekamp het nie. Google park naam vir detail.
Wonderlik