Ons wil heeldag hier vertoef, maar besluit om brunch te gaan maak en weer ʼn slag deur die park ry. Terug in die kamp moes ons eers opruim waar die blouapies ons rommel rondgestrooi het. Terwyl ek op die toilet sit en oor die veld staar, gewaar ek die wolke wat saampak op die horison en besef ek dat ons kan reën kry. Die toilet is ʼn steenhuisie sonder ʼn deur wat na die veld toe uitkyk. Nou het die uitdrukking “ʼn veltie” ook ʼn nuwe luukse betekenis gekry. Amper soos in die Serengeti waar ek ʼn porselein skoeter gery het.
Dis ʼn storie vir ʼn ander dag…
Die kampgogga het ons n jaar gelede gebyt. Ons albei werk nog en die kovk down meng in met ons reisplanne Richtersveld, Kgalagadi en Namibië toe. Ons hou nou binnelands en hou styf duimvas vir einde Mei.
Daai is lock down