Die rooi Kalahari-duine al langs die droë rivierbedding wat bedek is met groot, nee reuse kameeldoringbome. Dis MY wêreld en ek dink terug aan die ou grote in ons voortuin wat soos ʼn lapadak koelte verskaf het vir al die jare wat ek daar grootgeword het. Oor die radio kom dit gereeld – sal darem lekker kamp onder daardie kameeldoringboom. Die raakskote van die droogte is duidelik sigbaar in die ou grotes wat van die droogte gevrek het, dis hartseer.
Dis mos Frik du Preez se wêreld hierdie, die gebied om Bray. Ons praat rugby van daardie tyd oor die radio’s en salueer die legende. Hy bly mos nie meer hier nie. Hierdie dorpie wat sy naam gekry het by die donkie, die geluid of roep van die donkie is “bray” in Engels soos die runnik van die perd.
Dis warm en die Paddon kontantwinkel het net op die regte tyd hier langs die pad kom staan. Ons is net betyds, want hulle is besig op toe te sluit. Die winkel binnekant is soos ʼn oond en die klein staanwaaier binne waai net die warm lug rond.
O die Molopo… Ons het ook ‘fond memories’ van daardie plek; die rooi sand en donkie wat bedags moet gestook word om saans warm water te he Het julle ook die karretjiemense raakgeloop? Sien uit na dag 5!
Wow, wow, wow! Dit was nou lekker! Kan nie wag vir Dag 5 nie!