Die algemene handelaar by die petrolstasie is iets om te beleef, van basiese kos, plaasimplemente, hardeware, perdesaals, skryfbehoeftes, van alles en nog wat. Die man agter die toonbank praat van oor die 10 000 items in voorraad as hy na al die skroefies, spykers en moere in die houers op die grond wys. Dit is die winkel op Bray waar jy enigiets kan koop, enigiets. Op ʼn rak is daar ʼn beigekleurige erdepotjie wat nie agtergelaat mag word nie, ideaal vir vleis en oorskiet kos wat ontbyt moet word. Ons praat vandag nog van BRAY as ons na daardie bakkie verwys, en hy gaan kamp ORAL saam.
Dankie.