Dis toe ons lekker om die kampvuur sit en gesels dat Jonas sy opwagting maak. Hy het die pomp kom afsit want hy sien die watertenk is vol. Ons nooi hom om te sit en vra hy moet ons van die park en die mense vertel. Daar is eers ʼn effe huiwering maar dit kos nie baie aanmoediging om hom lekker aan die praat te kry nie. Die oubaas wat hier werk, hy is nie so oud nie, maar hy slaap in die dag en word net in die nag wakker. As hy in die dag wakker word, dan roep hy my net om die bottel vir hom te bring. Ek dink dadelik terug aan toe ons ingeboek het, die leë drankbottels op die agterstoep en die bokse bottels in die garage langs die kar. Met ʼn laggie kyk en Anton vir mekaar en ons verstaan wat hy sê. Hy sê die oubaas loop ook moeilik. En die natuurbewaring in die kamp? Dis nie natuurbewaring nie, maar ʼn man en vrou wat al lank, baie maande, hier bly en hulle loop saam met die oubaas. Hy sê hy weet, maar hy wil nie baie praat nie, want daar is ander goeters hier. Hulle loop saam met die baas in die nag, hy dink miskien is dit diamante maar hy weet nie, want hy mag nie saamloop nie. Hy sê die ander goeters gaan hier aan maar hy weet nie, want hy sien nie altyd so mooi nie, hy dink net. Hy het gehoor die man wat hier kamp se vrou is dood ʼn ruk gelede, nou kamp hy hier. Ek dink by myself, ek sal dit ook dalk doen as dit met my moes gebeur, om hier te kom kopskoonmaak waar niks en niemand jou pla nie.
Puik geskryf
Knop-in-die-keel-mooi…
Ek geniet jou beskrywings en jou vertellings.
Het jy elke dag geskryf die gebeurtenisse van die dag neergepen, of slegs aantekeninge gemaak. En in watter formaat het jy dit gedoen, op Word of iets dergliks (saam met die foto’s?
Dagboek gehou en toe op Word gedoen
Baie dankie, dit moes nogals ‘n klomp werk gewees het.
Dankie Hollies. Voel sommer of ek elke oomblik saam julle kuier!
Dit voel letterlik vir my of ek saam met julle reis. Kan nie wag vir die volgende post nie. Dis hoe Ek eendag wil aftree
Te mooi….voel of n mens werklik daar is.mond hang oop. Kan nie wag om verder te lees nie. Dit is die beste medisyne vir die tyd wat ons in is.
Gits Hendrik wat n avontuurlike dag! Miskien as jy so n bietjie in die droe rivierloop gaan grawe het kon jy ook dalk n paar klippies gekry het!! Ja dis verbasend Hoe lekker n mens kan stort met net n Klein bietjie water Ek wens ek kon daai sonsondergang meemaak