Dag 1. Vertrek vroegoggend na ontbyt uit Lüderitz. Die eerste 70 km is redelike harde woestynpad waarna die duine begin. Dan, vir ongeveer 80 km, ry jy deur die duine. Dit is asemrowende woestyn tonele, tot by die basiskamp, Saddle Hill.
Dag 2 & 3. Verken die gebied Suid en Noord van Saddle Hill en besoek onder andere : Saddle Hill Suid, die ou “dorp” / voertuig begrafplaas / gemsbok suiping / Mobi Dick spuit gat / Mercury eiland / Spencer baai / Otavi skip wrak en vele meer. Speel in die duine met jou voertuig en dune boarding vir die avontuurlustiges.
Dag 4. Vertrek na ontbyt terug na Lüderitz.
Hulle voorsien:
Slaapplek, elke kamer het 2 enkelbeddens en matrasse / 3 etes per dag / warm storte en spoeltoilet geriewe / water vir opwas / radio vir elke voertuig / vuurmaak hout / gids met eie voertuig
Self voorsien:
Eie eetgerei / glase / drinkwater (minimum 20 L) / drank / versnapperings / vullissak (vat alle vullis self terug) / genoeg brandstof vir 450 km @ 3.2 km/liter / warm klere (dit raak ysig koud saans) / eie kussing, kombers of slaapsak.