Voor die son sy kop uitsteek, sit ons buite en teug aan die koppie koffie. Vandag is weer ʼn rusdag want al wat op die program is, is ʼn draai ry om die dadelplaas vir Anton en Magda te wys. Ek en Moeksie was al hier tydens een van ons omswerwinge ʼn paar jaar gelede. Hierdie is die grootste dadelplaas ter wêreld en ons bly beïndruk met die netheid van die boerdery, alles op sy plek, netjiese store, paaie en besproeiings netwerke.
Ja ou Hollies dit bly lekker om te kamp. As ‘n persoon julle wedervaringe so lees, dan is ek dankbaar ek is ook ‘n kamper, groete