Ek en Moeksie geniet die stilte en rustigheid, ons het die hele kamp vir onsself. Met die oorvloed hout brand die vuur as die son nog nie sy kop gesak het nie, gaan vannaand lekker kuier. Ek gebruik net een stomp, die res kan more gebruik word. Ek hou nie daarvan om te mors met hout nie, genoeg vir die braai en net genoeg vir ‘n kyk-vuurtjie na die tyd. Die jakkals se tjank is musiek in my ore en die sterrehemel so helder, jy voel jy kan jou hand uitstrek en die sterre rondskuif. Ons mis steeds vir Barend en Elsa, sou dit graag met hulle wou deel.