Dis net na 11 as ons die brunch by die kampplek aanmekaar slaan, eiers, spek, oorskiet braaivleis, die full monty ! Ons kuier rustig in die kamp vir die res van die dag, met gemengde gedagtes en emosies. Ons gesels oor al die plekke wat ons gesien en besoek het die afgelope 3 weke, elkeen ‘n hoogtepunt in eie reg!! Dis ‘n droom wat waar geword het, nog een wat ek op die bucket list kan aftiek.
Baie Baie Dankie. Weereens het ek en my man die saamreis deur die lekker lees skrywe so geniet! Dit is beslis vlg jaar as die Here ons spaar, op ons moet doen lys. Hopelijk maak die grense gou oop dat ons oor grense kan reis. Ons is nou vasgevang in Gauteng en dit is uiters frustrerend!!! Maar die lekker lees kampstories het ons dag elke dag opgekikker. Groetnis van huis tot huis! Joan