Dis net na drie as die kamp staan. Die ablusie is n sink gebou wat met n draadheining afgekamp is, seker vir die diere wat hier rondloop. Hier is springbokke, gemsbokke, skaap en bees op die plaas. Die ablusie het lopende water, n stort en n spoeltoilet vir mans en dames. Hier is nie krag nie, so die sonpanele word uitgesit. Ons word omring deur honderde kokerbome en die rotsstapels lyk net soos die by die Speelplek van die Reuse. Ek weet sommer hier gaan weer BAIE fotos geneem word met sonsondergang.