Almal slaap laat vanoggend. Daar is niks op die program nie en ons gaan sommer net rustig wees en dalk ‘n bietjie rondstap op die terrein. Ons is nog twee nagte hier voor ons verder toer.
Ons stap na die Oog van die warmwater bron wat netjies toegebou is. Die water wat hier uitkom is 65°C. Van die Oog af gaan dit na die binnenshuise swembad by ontvangs en ook na die opelug swembad langs die kamp area.