As ons klaar opgeslaan het sit ons en aanskou die stellasies van van die ander kampers. Dit lyk of hulle semi-permanent hier bly! Die karavaan en of tente staan onder ʼn groot skuur wat met dik pale en skadunet gebou is, kompleet soos ʼn sirkustent waaronder jy kamp. Ander het ʼn elektriese heininkie wat om die seil gespan is van die opslaan dak van die karavaan om die ape te keer. Ek besef dat die ape hier ʼn probleem kan wees en ons sal moet katvoet wees as ons die kamp alleen los. Alles sal toe moet wees, ook die seil voor die gaas van die deur en vensters. Die rubber slang wat ek uithang skrik hulle nie af nie, al lankal so een gesien en gewoond aan hom. As ek die ketty se rek span, dan hardloop hulle so paar meter en draai om of spring net in die naaste boom en kyk na jou. Ek het in my lewe nog nie sulke hans ape beleef nie.
Dit is jammer dat Anton hulle moes omdraai, julle lyk soos die idiale pêlle, iets wat jy nie oral kry nie. Groete en geniet