Ek is vroeg op na die baie slaap van gistermiddag en gisteraand. Dis nog sterk skemer as ek my eerste koppie koffie geniet en wag vir die son om op te kom. Eben en Magda Wessels se name flits deur my kop as ek oor die plaas kyk wat aan die Noordekant van die reservaat grens. Ons het al lekker daar op Many Streams gekuier en in die huisies teen die berg geslaap voor die grondeise gekom het. Dit was ʼn pragtige plaas met baie potensiaal, maar dis nou net ʼn stuk grond. Hulle bly nou in Witrivier.
Naand Hollies. Graag wil ek verneem, wat is jou mening. Is twee voertuie, 4 persone, net reg vir so n toer?
Ja, of self drie, nie meer as drie nie.