Ons ry stadig al met die kronkelpaadjie langs die rivier en soek agter elke bos die luiperd, het hulle al ʼn hele paar keer hier langs die rivier gesien. Vandag sien ons baie diere, ook gelukkig om vyf leeus hier langs die pad te sien, maar die luiperd ontwyk ons. Die olifante in hierdie omgewing is volop en ons sien ʼn hele paar troppe met kleintjies by. Ek geniet altyd hierdie pad, nie net vir die diere en voëls nie maar ook die natuurskoon hier langs die rivier.
Lekker!!! Ons mis die plek met groot hartseer, want ons moes NOU daar gewees het! Ai ai…