Ons stap laatmiddag na die restaurant en sien heelwat olifante wat in die rivierbedding loop. Dis ʼn ongelooflike mooi uitsig hier van die stoep van die restaurant af oor die draai in die Letabarivier hier voor jou met heelwat diere wat gesien kan word en ʼn ryk voëllewe. Mens hoef amper nêrens heen te ry nie, kan heeldag net hier kom sit met jou vêrkyker en boeklees.