Die laaste 189 km huis toe gaan vinnig. Dis stil in die bakkie en elkeen is besig om te verwerk wat agter ons is, 82 onvergeetlike dae wat vir altyd in ons gedagtes sal bly.
My kop is nog nie skoon nie, ry en toer nog baie rond. Miskien is ek een van daardie mense, sal vir altyd ʼn hunkering hê na die mooi plekke in ons wonderlike land, plekke wat ander net in boeke en tydskrifte van lees en sien en ek bevoorreg is om te gaan beleef.
Dankie, het heerlik saammet julle getoer! Amper hartseer dat dit nou verby is…
Sien uit na die volgende avontuur!
Wanneer ons weer sosiaal mag verkeer sal ek julle graag vir koffie neem!
Dankie vir die saamry. Julle is ysters en ons mis daardie saambraai by Marloth!!! Shalom-shalom!!!
Baie dankie dat ons saam met julle die toer kon beleef. Kon nie wag vir die volgende dag se storie nie. Gaan dit baie mis.
Baie dankie vir die saam dit was ‘n mooi toer
Sjoe dit was heerlik om saam te toer.
Baie dankie Hollies vir jou en Moeksie en vriende se vertellings en foto’s. Ook die gewone, is daar wonderlikhede! Wees veilig en geseënd!
Dankie vir ‘n besonderse toer wat jy ons almal laat meemaak het. Daar is soveel inligting en pragtige fotos. Dit was ‘n groot werk om van alles boek te hou en dan so vir ons op te skryf!! Ons was bevoorreg om Suid Afrika so saam met julle te ervaar. Dankie aan jou, Glynis, Magda & Anton!
Wat n belewenis was dié nie..82 dae saam met Hollies & Glynis op reis!! Ons gaan dit “vreeslik” baie mis! Ek en my man het elke oggend vroeg n koffietjie gaan maak, dan moes ek voorlees en foto’s wys.. dit was n awesome escape vir ons kamp-lovers na iewers en iets moois..dankie oom Hollies &Moeksie..ook vir die foto’s.
Hoop oom Anton se rug gee hom nie meer probleme nie! Groete uit mooie Kaap
Goeie Dag Hollies. Ek het dit baie geniet en beplan ook n toer om RSA maar vanaf Gansbaai tot weer in Gansbaai. Vandag vier keer my rekenaar aangeskakel in die hoop jy gaan nog iets vir oulaas sê. Jy moet nog vir ons inlig waar was dit nie wel nie of waar het jul probleme met jy kampterreine ondervind. Nou wag ek nog vir Kaokoland. Groete
Baie dankie!! Het dit baie geniet om saam met julle te toer…
Hollies dit was fantasties ons het die heeltyd saam met julle gewees, wat ‘n ondervinding. Nou wag ons net vir die publikasie van die hele toer met fotos kampe en kamp tel no. Sal die koste dra van dit , groete
Dit was pragtig gewees!!!!!!!!Sal dit oor en oor en weer oor lees.Sal die roete eendag as ons gespaar word wil gaan ry.Soos jy altyd sê(met baie tyd)Julle is YSTERS.
Dankie dit was uiters aangenaam om saam te toer
Vreeslik lekker saam julle te toer! God se rykste seën!