Ons vorder fluks en die radio’s klets as ek vertel van die vorige maal wat ek hier was, ʼn hele paar jaar gelede. Dieselfde waentjie nog sonder ʼn inloopbriek, met ʼn Hilux 2.7 2×4. Dit was rêrig ʼn vreesaanjaende ervaring, want jy moes redelik vinnig teen die opdraandes uitry, rotse en klippe mis, pad te hou en om nie momentum te verloor nie, want ek sou nie weer kan wegtrek met die 2×4 en die gelaaide waentjie teen die steiltes nie. Ek was BAIE waaghalsig of het BAIE vertroue in my Toyota gehad daardie tyd, ʼn rit wat Moeksie glad nie van gehou het nie. Maar nou is ek reg, kan nie wag om Akkedispas met my Hilux 4×4 kaf te draf nie! Die waentjie is ook intussen toegerus met ʼn inloopbriek, na my Sanipas wedervaringe, maar dis ook ʼn storie vir ʼn ander dag.
Dit lyk heerlik. aag hoe sien ek uit na ons trippie. Ons het beplan vir September 2020 maar sal eers sien wat die lockdown doen. Maar julle fotos lyk interesant en ek maak notas van die plekke wat julle besoek. Dit gee my hoop dat ons dit ook gaan genied
Goeie Dag Hollies.
Ek en my Vroutjie is ook toer mense en geniet jul dag-tot-dagtoer om RSA. Ons beplan so n toer na die grendeltyd maar wil sal wees vanaf Gansbaai om RSA en terug na Gansbaai. Onlangs het ons getoer vanaf Gansbaai, ons tuisdorp, na Namia, tot in die miidel van Angola waar die Kongorivier in die atlantiese oseaan invloei, Soyo en kuslangs terug deur die doodsakker tot weer by die Kunenerivier en allangs die rivier tot Ruacana.
Nou my vraag? Plaas jy net eendag van jul toer per dag op jou webblad of kan die ander dae sien tot die laaste dag.
Groete Bennie Gericke
Dankie Bennie, bly jy geniet dit. Die toer is klaar geskryf tot op dag 82 maar ek plaas net een dag op n slag.
Baie dankie Hollies. Kan nie wag tot dag 82 geplaas word nie.