Ons is redelik vroeg op en die koffie hier langs die Oranjerivier het ʼn ander smaak, nog lekkerder. Almal, behalwe ek, het lekker geslaap, die Hilux het my wakker gehou. Ons sit die sonpaneel uit, want ons is sonder krag vir 5 dae. Ek dink daaraan om terug te ry Springbok toe, daar is ʼn groot Toyota handelaar. Die fout daar te laat regmaak en weer terug te ry hierheen. Die gedagte klink nie lekker nie en ek besluit om die air filter van die Hilux uit te haal en skoon te blaas. Daar kom nie veel stof uit toe ek hom blaas nie en ek soek die petrolfilter. Met die dubbele batterystelsel wat ek voor in die bonnet laat inbou het, is daar geen manier om by hom uit te kom nie. Ek besluit om die filter skoon te ry en Anton en ek vat die pad al langs die rivier af in ʼn Noordelike rigting. Dis lekker oop en gelyk en ek trap hom plat, eers proes proes ʼn paar honderd meter en toe is dit asof hy weer homself is, gee krag as ek aan die petrolpedaal raak. Ek is verlig, BAIE verlig. Die vuiligheid is uit!!
Tel elke dag die ure af om môre oggend verder te lees.Dit klink te lekker.
Lekker man… lekker!!!
Die site lyk nou baie mooi! Dankie vir die volgehoue skrywe.